|
Ek is Jaco Pretorius. Het grootgeword op n plaas op ‘n klein dorpie met die naam Roedtan, op die springbok vlakte, Limpopo. Ek was ook in Laerskool Bysonderheid waar ek reeds aan sang kompetisies deelgeneem het en betrokke was by die skool se koor.
In my hoërskool dae het ek bietjie uitgesit wat die sang aan betref en direk na skool het ek betrokke geraak by die AGS kerk op Naboomspruit waar ek weer begin het om te sing. Ek was deel van die voorsang groep vir om en by 4 jaar. In daardie tyd het ek en 2 vriende toe saam besluit om n Gospel album op te neem. Ons het bekend gestaan as Tehilla Trio. Die Album se naam was “Neem my hart” Ons het toe optredes by kerke gedoen en ook deelgeneem aan van die ATKV se sangkompetisies en onder andere opgetree by Centurion Waterfront en ook by Menlyn. Ons het ook akapella gesing.
Lees meer…
|